M2C 2019 Info - WEBSITE X5 UNREGISTERED VERSION - Malmesbury Fietsry Klub

Go to content

Main menu:

M2C 2019 Info

MALMESBURY to SEA 2019

Die jaarlikse M2C vind plaas op
12 Oktober 2019
'n Lekker sosiale ride waar deelnemers vanaf Malmesbury - Yzerfontein ry en die MTB jaar op 'n hoogtepunt afsluit!

Deelnemers het 8 ure om die roete te voltooi. Die 8 ure sluit wel die drie etes & waterpunt stoppe in. Ons stel voor deelnemers moet gemaklik 100km kan voltooi binne 5-6 ure asook single tracks en tegniese dele kan ry. Sien asb onder meer inligting oor die roete.

Inskrywings is nou oop en sluit 30 September 2019. Hou Malmesbury Fietsry Klub se Facebook page dop vir meer inligting.

Daar is slegs 50 plekke beskikbaar!




 

KOSTE:
R380 - klub lede
R480 - nie lede

Addisionele kostes ( nie- deelnemers):
Addisionele spitbraai ete- R160 pp
Addisionele kampeerders- R50 pp
Deelnemers se kinders onder 13 jaar kry gratis Boerewors broodjies tydens Steakbraai in Yzerfontein


Ingesluit in inskrywingsfooi:

Toegang tot privaat roetes
Ontbyt
Middagete
Aandete - Steakbraai in Yzerfontein
3 Waterpunte
Back up voertuie
Staanplek in Yzerfontein karavaanpark (slegs staanplek, eie tente moet gebring word)

'n Onvergeetlike dag op jou fiets!
 


 
 
Roete
Roete gaan selfde wees as die 2018 roete....
Die roete loop vanaf Malmesbury deur distriks paaie, plaas werwe, privaat grond en Khwa Ttu tot in Yzerfontein.

Die moeilikste gedeelte van die roete is vanaf Darling tot by Khwa Ttu! met bietjie meer klimme.

Alhoewel dit 'n sosiale ride is en nie 'n race nie, gaan ons moet afsny tye implementeer vir deelnemers se veiligheid en om die dag meer vloeiend te maak vir alle deelnemers. Ons stel voor dat deelnemers gemaklik 100km moet kan voltooi binne 5-6 ure kan ry.

Onder is n link as jy meer wou uitvind oor !Khwa Ttu se roetes.


Hieronder is n album & 'n video van M2C 2015 om 'n voorsmaak te gee waarna almal kan uitsien in 2019!


 
 
Vir administratiewe navrae oor inskrywings & betalings kontak vir Nadene - nadene.scherman@gmail.com


M2C 2015, 2016, 2017 en 2018 was 'n groot sukses en ons beplan om 2019 nog meer vir deelnemers te bied en dit 'n lekker naweek te maak vir almal om die MTB jaar te kan afsluit. Ons sien uit om julle almal daar te sien!
 
 
Back to content | Back to main menu