M2C Info - WEBSITE X5 UNREGISTERED VERSION - Malmesbury Fietsry Klub

Go to content

Main menu:

M2C Info

MALMESBURY to SEA 2018

Die jaarlikse M2C vind plaas op
17 November 2018
'n Lekker sosiale ride waar deelnemers vanaf Malmesbury - Yzerfontein ry en die MTB jaar op 'n hoogtepunt afsluit!

Deelnemers het 8 ure om die roete te voltooi. Die 8 ure sluit wel die drie etes & waterpunt stoppe in. Ons stel voor deelnemers moet gemaklik 100km kan voltooi binne 5-6 ure asook single tracks en tegniese dele kan ry. Sien asb onder meer inligting oor die roete.

Inskrywings is nou oop en sluit 03 November 2018. Hou Malmesbury Fietsry Klub se Facebook page dop vir meer inligting.

Daar is slegs 50 plekke beskikbaar!




 

KOSTE:
R350 - klub lede
R450 - nie lede

Addisionele kostes ( nie- deelnemers):
Addisionele spitbraai ete- R150 pp
Addisionele kampeerders- R50 pp
Deelnemers se kinders onder 13 jaar kry gratis Boerewors broodjies tydens spitbraai in Yzerfontein


Ingesluit in inskrywingsfooi:

Toegang tot privaat roetes
Ontbyt
Middagete
Aandete - Spitbraai in Yzerfontein
3 Waterpunte
Back up voertuie
Staanplek in Yzerfontein karavaanpark (slegs staanplek, eie tente moet gebring word)

'n Onvergeetlike dag op jou fiets!
 


 
 
Roete
Roete gaan nog deur gegee word via social media....
Die roete loop vanaf Malmesbury deur oop distriks paaie en plaas paaie tot in Darling. Vanaf Darling gaan die roete deur privaat grond loop en lekker single tracks gaan wag vir ons by Wolwefontein & Khwa Ttu!

Die moeilikste gedeelte van die roete is vanaf Darling - Khwa Ttu! met bietjie meer klimme en tegniese gedeeltes.


Alhoewel dit 'n sosiale ride is en nie 'n race nie, gaan ons moet afsny tye implementeer vir deelnemers se veiligheid en om die dag meer vloeiend te maak vir alle deelnemers. Ons stel voor dat deelnemers gemaklik 100km moet kan voltooi binne 5-6 ure en single tracks kan ry.

Onder is twee links as jy meer wou uitvind oor Wolwefontein & !Khwa Ttu se roetes.



Hieronder is n album & 'n video van M2C 2015 om 'n voorsmaak te gee waarna almal kan uitsien in 2018!


 
 
Vir administratiewe navrae oor inskrywings & betalings kontak vir Nadene - nadene.scherman@gmail.com


M2C 2015, 2016 en 2017 was 'n groot sukses en ons beplan om 2018 nog meer vir deelnemers te bied en dit 'n lekker naweek te maak vir almal om die MTB jaar te kan afsluit. Ons sien uit om julle almal daar te sien!
 
 
Back to content | Back to main menu