M2C 2023 Info

MALMESBURY to SEA 2023

Die jaarlikse M2C vind plaas op
4de November 2023

‘n Lekker sosiale ride waar deelnemers vanaf Malmesbury – Yzerfontein ry en die MTB jaar op ‘n hoogtepunt afsluit!

Deelnemers het 7 ure om die roete te voltooi. Die 7 ure sluit wel die drie etes & waterpunt stoppe in. Ons stel voor deelnemers moet gemaklik 100km kan voltooi binne 6 ure op 95% oop plaas paaie. Sien asb onder meer inligting oor die roete.

Inskrywings is nou oop en sluit 27 Oktober 2023. Hou Malmesbury Fietsry Klub se Facebook page dop vir meer inligting.

Daar is slegs 70 plekke beskikbaar!

KOSTE:

R550

Addisionele kostes ( nie- deelnemers):

Addisionele Steakete- R220 pp

Kinders onder 13 jaar R25 per Hotdog.

Ingesluit in inskrywingsfooi:

Goodie Bag
Toegang tot privaat roetes
Ontbyt
Middagete
Aandete – Steakbraai in Yzerfontein
3 Waterpunte
Back up voertuie
Staanplek in Yzerfontein karavaanpark (slegs staanplek vir tente, as jy met ‘n karavaan kom moet jy jou eie plek bespreek en betaal.)

‘n Onvergeetlike dag op jou fiets!

Roete

Die roete loop vanaf Malmesbury deur distriks paaie, plaas werwe, privaat grond en Khwa Ttu tot in Yzerfontein.


Die moeilikste gedeelte van die roete is vanaf Darling tot by Khwa Ttu met bietjie meer klimme.

Alhoewel dit ‘n sosiale ride is en nie ‘n race nie, gaan ons moet afsny tye implementeer vir deelnemers se veiligheid en om die dag meer vloeiend te maak vir alle deelnemers. Ons stel voor dat deelnemers gemaklik 100km moet kan voltooi binne 6 ure kan ry.

Onder is n link as jy meer wou uitvind oor Khwa Ttu se roetes.

KHWA TTU SINGLE TRACK

Hieronder is n album & ‘n video van M2C 2015 om ‘n voorsmaak te gee waarna almal kan uitsien in 2019!

M2C 2015 Album

M2C 2015 Video

Vir administratiewe navrae oor inskrywings & betalings kontak vir Madelein – Info@MalmesburyFietsryKlub.co.za / 0843651908

M2C 2015, 2016, 2017, 2018, 2019, 2020, 2021 en 2022 was ‘n groot sukses en ons beplan om 2023 nog meer vir deelnemers te bied en dit ‘n lekker naweek te maak vir almal om die MTB jaar te kan afsluit. Ons sien uit om julle almal daar te sien!